Welkom by Johrné se amptelike en ook enigste website!

 

Vir diegene wat nie weet nie:  Johrné is die kaalkop-kortgat met die brilletjie wat bekend geraak het as die bekkige frontman van die plaaslike suksesverhaal, ddisselblom - wat, nog steeds bestaan!  Daar is baie rumours wat aandui dat die groep opgebreek het en ons wil elkeen van julle daarbuite verseker van die feit dat dit doodgewoon nie waar is nie.   ddisselblom hou steeds konsert en daar is 'n derde album wat vir vroeg 2007 beplan word.

 

Johrné het egter onlangs sy eie solo-album getiteld, My seun Mieliepap, vrygestel en begin daarmee dus 'n hele nuwe projek.  Die CD is reeds beskikbaar, so vra daarvoor by jou naaste CD-winkel!  Daar is ook 'n splinternuwe band wat dalk een van die dae die Mieliepap-magic in jou geweste gaan kom intrap.  Hierdie website gaan julle op hoogte hou van al die nuwe verwikkelinge.  Maak dus gereeld 'n draai!

 

Aan die wat onwaar rumours versprei:  mag jou mielies verbrand!